Wagyu’s laat die veiling-vonke spat

Deur Marleen Smith
6 Oktober 2016

Vier rooi Wagyu-teeldiere is op die jaarlikse Woodview-produksieveiling vir R1,86 miljoen verkoop.

Suid-Afrika se eerste rooi Wagyu-beeste het pas hul merk op die plaaslike genetika-mark gemaak toe vier teeldiere teen altesaam R1,86 miljoen verkoop is.

Mnr. Frans Stapelberg, ook ’n bekende buffelteler van Marble Hall in Limpopo, het twee bulle teen R520 000 elk en twee verse teen R410 000 elk op die produksieveiling van mnr. Brian Angus se Woodview-stoet by Arlington gekoop. Lees meer / Read more.