Wagyu’s te kies en te keur by Beyond Beef se veiling
Meer as 200 beeste word in 55 lotte aangebied tydens die eerste Beyond Beef Wagyu-produksieveiling op 9 Februarie 2018. Beyond Beef Wagyu is in 2009 gestig en die span het met opset lank gewag voor die eerste produksieveiling aangebied word. “Na 9 jaar se selektiewe teling is ons nou gereed vir ons eerste produksieveiling. Ons wou nog altyd ons diere eers bemark nadat ons weet wat hulle produksie potensiaal is,” sê Michiel Wessels van Beyond Beef Wagyu. Diere met beproefde produksiesyfers word op die veiling aangebied en is volgens die Beyond Beef-span van die beste diere wat hulle nog geteel het.