Die kaviaar van beesvleis

In episode vier van Landbouweekliks leer Ivor Price hoekom Wagyu beesvleis van die eksklusiefste vleis ter werêld is.

Hy en die Landbouweekliks-span besoek Brian Angus by Arlington in die Oos-Vrystaat om uit te vind hoekom dié beesras so besonders is en hoe Brian-hulle die volledige waardeketting bestuur.
’n Interessante uitdaging lê ook weer vir Ivor voor – dié keer leer hy ’n bul van nader ken…

Moenie dié episode misloop nie. Dit is Dinsdagaand, 30 Januarie 2018, om 19:30 op Via (DStv-kanaal 147) te sien.