Certified Wagyu Beef: Ervaar egte, sappige en sagte, Suid-Afrikaanse Wagyu Beesvleis

Neem asb. kennis:

  • Soos op die module kursus 1 genoem is het ons, ons samespreking met die staat gefinaliseer. U sal die eerste jaar nadat die kontrak geteken is ‘n volledige oudit kry en daarna ‘n “papier” oudit vir die volgende twee jaar, d.w.s. elektronies om seker te maak die diere is op die databasis en die diere bewegings is gedoen.
  • Die oudit fooi vir die hele waardeketting is substansieel minder as voorheen. In die verlede moes al die groot handelaar’s twee keer per jaar geoudit word. Die nuwe oudit protokol laat toe dat slegs die distribusie sentrums 2 keer per geoudit word en slegs 10% van die winkels. Die per km koste word deur alle handel merke verdeel.
  • Alle CWB waardeketting kliënte mag die eis “Ervaar egte, sappige en sagte, Suid-Afrikaanse Wagyu Beesvleis” gebruik.
  • CPG oudits op plase sal 1 Augustus begin. Dit het langer as verwag geneem a.g.v. die onderhandelings met die staat om die ouditfooie goedkoper te maak.
  • Ons is tans besig om die CWB ooreenkoms op ‘n elektroniese vorm te sit wat u elektronies kan teken.
  • Die CWB komitee het ook met SAMIC en die staat ooreengekom dat die marmering telling op die CWB plakkers, wat op die produk pakkies en bokse geplak moet word, as volg gaan lees:
    • MS 1 & 2 (Slegs gemaalde vleis d.w.s. biltong, droë wors, hamburger patties)
    • MS 3 (Slegs vir lokale gebruik)
    • MS 4 & 5, MS 6 & 7, MS 8 & 9, MS 9+ (Lokale gebruik asook uitvoere)
    • Die plakkers asook handelsmerk spesifikasie is beskikbaar by die CWB kantoor
  • Die nuwe CWB oudit handleiding is op die webblad beskikbaar (Afrikaans en Engels) www.wagyu.org.za