CWB voerkrale wat Wagyu voer
Die protokol wat op die plaas moet gebeur voordat diere na ‘n voerkraal gestuur word:
- Bulle moet verkieslik voor ‘n ouderdom van 3 maande gekastreer wees en beslis voor 5 maande.
- Daar moet reeds ‘n geboorte asook ‘n speengewig op die plaas geneem wees en daar moet ten minste teen 0.6 kg per GDT oor die periode groei wees.
- Diere moet ‘n CWB oorplaatjie in die oor hê. Formaat van bestuurs oorplaatjie moet wees kudde kenmerk/jaar/nommer. Let wel, die kudde kenmerk ontbreek by sommige kuddes wat dit baie moeilik vir die voerkraal maak om u diere te identifiseer.
- DNA moet geverifieer wees.
- Diere moet op die databasis wees voordat hulle by die voerkraal aankom
-
- ‘n Registrasie vorm asook beweging (transfer) vorm moet aan die kantoor verskaf word voor diere geskuif word vir naspeurbaarheid.
- Voerkraal sal vereis dat u beide die CWB lidmaatskap asook CPG oudit sertifikaat verskaf.